Full text

Turn on search term navigation

Copyright Tydskrif vir Letterkunde Association 2012

Abstract

According to this approach the standard and non-standardised varieties of a particular language, such as Afrikaans, should be regarded as linguistically equipollent and equally valid codes of communication. ("Klein Kytie" 80) (ii) O yes Ismail Moegamat Kassiem hy wás hie in Distric' Ses very much alive however toe hoor hy daa gan manne kô wat bulldozers kan drive (Oos wes) Tipiese leksikale merkers in Kaaps wat in die tekste prominensie geniet, is direkte ontlenings uit Engels (kyk iii), Engelse leksikale items wat klankmatig verafrikaans is (kyk iv), die invleg van Islamitiese leksikale items (kyk v), die gebruik van pêl/pêllie as algemene vokatief (kyk vi), die gebruik van moet as voorsetsel i.p.v. met (kyk vii) en geleksikaliseerde fonetiese wysigings (kyk viii). (iii) * toe kom sy chance ("Klein Kytie" 78) * "proud ou gabou // pathetic pêllie // quiet ou" (Oos wes) (iv) * de lô < the law (Kitaar 52-54), dey < they (Kitaar 52), dose i.p.v. those ("Klein Kytie"), dou i.p.v. though ("Klein Kytie"), kompliet < complete ("Klein Kytie"), krôs < cross (Sjibbolet 53), kôs why < because why (i.p.v. "want") ("Klein Kytie"), mêrim < madam (Kitaar 32), nout < take note ("Klein Kytie" 90) (v) * "Kô sê dankie Allah (...) (Kanna 13), ("Kanna" 62) * Langesaan/langesan vir "langsaan" as voorsetsel of bywoord (WAT IX 88): "Dit was net langesaan die kombys gewies hulle kamertjie (Kanna 52), ("Klein Kytie" 81) * maak vir "seksueel verkeer" (nie in die WAT nie): ("Klein Kytie" 81) * moerseer as intensiewe vorm (nie in die WAT nie):: "En God gan hulle móérseer knou" (Sjibollet 58-59) * nai i.p.v. nee (WAT XI 44): "Nai ek wiet nie watsie ou mêrim haar naam nie, meneer" ("Kanna" 60) * nout i.p.v. nooit as bywoord (WAT XI): "Kanna hy sit nout sy adres oppie pampier ... nie" ("Kanna" 61), ("Klein Kytie" 81) * oeg (< oog) i.p.v. kroeg (WAT XI 551): "altyd as ek na die // oeg toe gaan // dan dink aan die brylof // by Kana" (Kitaar 17) * selwers i.p.v. self as voornaamwoordverswarende item: "Ek selwers was neëntien jare (Kanna 14), "lat ons die einde liefs ma' selwers maak" (Kitaar 64) (x) * beginne vir begin (Kanna 49) * gasôre vir gesorg ("Klein Kytie" 80) * hore vir hoort (Kanna 51) * lowe vir loof (Kitaar 18) * skroewe vir skroef (Kanna 70) * worre (< worde) vir word: "Djy worre te blêrie ly" (Kanna 54) * ytvinne vir uitvind ("Klein Kytie" 80) (xi) * gaat vir gaan (Kanna 20) * gat vir gaan ("Kanna" 60) * siet vir sien (Kanna 25, "Kanna" 59) Naas gemelde leksikale verskynsels het ook enkele kenmerkend Kaapse uitdrukkings (kyk xii), uitspraakverskynsels (kyk xiii) en grammatiese verskynsels (kyk xiv) toegang tot Small se tekste verkry. (xii) * Die mes gee ("met die mes steek"): "Enigeen ... sou Poena Henriks die mes gagie het" ("Klein Kytie" 79) * in die gesig vat ("beledig"/"verkleineer"): "op elke plek, op elke pad // word ons in onse gasig gevat" (Kitaar 70) * in die gesig spoeg ("beledig"/"verkleineer"): "ma' aldag word in onse gasig gespoeg" (Kitaar 79) * in die krop bêre ("onthou"): "bêre dit in die krop!" (Kitaar 79) (xiii) Uitspraakverskynsels in Kaaps: * Postvokaliese /r/-weglating: ("Kanna" 59) (xvi) Mardi Gras II Hoor die applôs, nai ma dis cash! dja dit lyk kompliet soes galoewages bid as hulle so kamma-sêd loep en skud daai colourful koppe van papermêsh! (Sjibbolet 52) (xvii) "op elke plek, op elke pad word ons in onse gasig gavat soes hasies voo' die honne moet ons ma' bly spat moet baledagings word ons afgamat" (Kitaar 70) Small se selektiewe aanwending van Kaapse verskynsels blyk ook daaruit dat hy leksikale items en uitdrukkings wat in Kaapse Moslemafrikaans gebruiklik is, nie genoegsaam aansny nie en boonop 'n beduidende aantal grammatiese verskynsels kenmerkend van hierdie kern-subvariëteit van Kaaps wat deur Kotzé ("Maleierbuurt") uitgewys word, nie in die tekskorpus ondervang nie.

Details

Title
Om die miskende te laat ken: 'n blik op Adam Small se literêre verrekening van Kaaps/Illuminating the neglected: A view on Adam Small's literary integration of Kaaps
Author
Hendricks, Frank
Pages
95-114
Publication year
2012
Publication date
2012
Publisher
Tydskrif vir Letterkunde Association
ISSN
0041476X
e-ISSN
23099070
Source type
Scholarly Journal
Language of publication
Afrikaans
ProQuest document ID
1196735320
Copyright
Copyright Tydskrif vir Letterkunde Association 2012