It appears you don't have support to open PDFs in this web browser. To view this file, Open with your PDF reader
Abstract
Vleilande verskaf ’n verskeidenheid van goedere en funksies en dus moet die vleilande wat nog natuurlik is, beskerm word. Die Ramsar-konvensie vir vleilande van internasionale belang is al vanaf 1975 in werking in Suid-Afrika en omtrent ’n half miljoen hektaar word beskerm by 23 lokaliteite. Die konvensie is daar om biodiversiteit te bewaar en veral waadvoëlhabitat te beskerm. in Suid-Afrika is baie van hierdie lokaliteite swak bestuur en min inligting oor die akwatiese biodiversiteit is beskikbaar. Waar daar wel inligting beskikbaar is, is die inligting verouderd en geen nuwer inligting is beskikbaar nie. Om hierdie rede is daar ’n studie geloods om te bepaal watter historiese inligting beskikbaar is vir die Ramsar-lokaliteite en om dan van hierdie gapings in die literatuur aan te vul. Die Ramsar-lokaliteite wat gekies is vir hierdie projek was Kosibaai, Sibaya-meer, Ntsikeninatuurreservaat, Barberspan, De Hoop Vlei, Heuningnesgetyrivier en die Makulekevleilande. Verskeie veldopnames is gedoen by die lokaliteite vanaf 2014 tot 2016 tesame met ’n studie van die beskikbare literatuur. Die resultate van die projek het gelei tot nuwe inligting oor die biodiversiteit en verspreiding van diatome, soöplankton, makroinvertebrate en visgemeenskappe by die verskeie Ramsar-lokaliteite. Hierdie inligting is nou beskikbaar om die inligting wat die Ramsar-konvensie vereis, op te dateer en ook om bestuursplanne aan te pas. Die resultate het getoon dat baie van die gemeenskappe uniek is of unieke eienskappe het, wat maak dat daar gepaste moniteringsprogramme vir elke lokaliteit benodig word.
You have requested "on-the-fly" machine translation of selected content from our databases. This functionality is provided solely for your convenience and is in no way intended to replace human translation. Show full disclaimer
Neither ProQuest nor its licensors make any representations or warranties with respect to the translations. The translations are automatically generated "AS IS" and "AS AVAILABLE" and are not retained in our systems. PROQUEST AND ITS LICENSORS SPECIFICALLY DISCLAIM ANY AND ALL EXPRESS OR IMPLIED WARRANTIES, INCLUDING WITHOUT LIMITATION, ANY WARRANTIES FOR AVAILABILITY, ACCURACY, TIMELINESS, COMPLETENESS, NON-INFRINGMENT, MERCHANTABILITY OR FITNESS FOR A PARTICULAR PURPOSE. Your use of the translations is subject to all use restrictions contained in your Electronic Products License Agreement and by using the translation functionality you agree to forgo any and all claims against ProQuest or its licensors for your use of the translation functionality and any output derived there from. Hide full disclaimer